Quantcast
Channel: College of Human Sciences
Viewing all articles
Browse latest Browse all 2018

Comparing the Christologies of Ellen White and Karl Barth : establishing a new method for evaluating White’s writings

$
0
0
Comparing the Christologies of Ellen White and Karl Barth : establishing a new method for evaluating White’s writings Van Niekerk, Gustav Ellen G White, one of the founding members of the Seventh-day Adventist Church (hereafter SDA Church) has deeply influenced this church in her lifetime and continues to do so through her writings. Her writings span hundreds of thousands of pages, filling books, articles, letters, and compilations, focusing on pastoral and practical Christian-ity, being filled with theological statements. This thesis considers two methods of eval-uating White’s theology: The first is to use specific authors who are quoting White, while the second is to compare her to a theologian. The lack of structure in White’s theological quotes allows for authors to impose their views or the view of another the-ologian on White’s work. This situation is further complicated by authors mostly relying on a deductive method of argumentation. White’s quotes or her comparison to a the-ologian becomes the premises that support a specific conclusion. My theory consists of observable phenomena, which I term What?, interrelations which I term Why?, and a method. The lack of structure to White’s theological statements and the mainly de-ductive approach applied to her work result in indicating the observable phenomena or What?, but not the interrelations or Why? This thesis considers White’s Christology and begins by deductively comparing White to Karl Barth. This comparison first allows for the identification of White’s What? Second, following an inductive methodology, an attempt will be made to find the most likely interrelations or Why? that combine the What? At the conclusion, we will have a partial reconstruction of White’s Christological framework as well as a new method that can produce the What?, the Why?, and a How? White’s partial Christological framework can serve as foundation for a further extrapolation of her theological ideas as well as further evaluations.; Ellen G White was ’n stigterslid van die Sewende Dag Adventiste Kerk (hierna SDA Kerk). Alreeds in haar leeftyd het sy hierdie kerk beïnvloed en hou aan om so te doen deur haar geskrifte. Haar geskrifte strek oor honderde duisende bladsye wat boeke, artikels, briewe, en samestellings insluit en wat fokus op pastorale en praktiese Christenskap. Nietemin is haar geskrifte gevul met teologiese stellings. Hierdie proefskrif ondersoek twee metodes van evaluasie van White se teologie: Die eerste is outeurs wat haar aanhaal en die tweede is wanneer sy vergelyk word met ’n teoloog. Die afwesigheid van struktuur in White se teologiese stellings het tot gevolg dat outeurs hulle eie siening of die siening van ’n ander teoloog op haar teologie kan afdruk. Hierdie situasie word verder gekompliseer deur outeurs wat meestal op ’n deduktiewe metode van redenasie staatmaak. White se aanhalings of die vergelyking met teoloë word die voorwaarde wat tot die spesifieke gevolgtrekkings lei. ’n Teorie bestaan uit waarneembare verskynsels, waarna ek verwys as Wat?, onderlinge relasies, waarna ek verwys as Hoekom? en ’n metode. Die verlies aan struktuur van White se teologiese stellings en die hoofsaaklike deduktiewe toepassing op haar werk, openbaar die waarneembare verskynsels of Wat?, maar nie die onderlinge relasies of Hoekom? nie. Hierdie proefskrif ondersoek White se Christologie en vergelyk haar met Karl Barth op ’n deduktiewe wyse. Hierdie vergelyking maak dit moontlik om die Wat? te identifiseer. Tweedens word ’n induktiewe metodologie gevolg om die moontlike onderlinge verbande of Hoekom? wat die Wat? verbind, na te vors. Die gevolgtrekking gee ’n gedeeltelike rekonstruksie van White se Christologies raamwerk weer, sowel as ’n nuwe metode wat die Wat?, Hoekom? en Hoe? uitwys. White se gedeeltelike Christologiese raamwerk kan dien as basis vir ’n verdere ekstrapolasie van haar teologiese idees sowel as verdere beoordeling.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 2018

Trending Articles